LA Sport is terug in hulle oorspronklike winkel in Steve Biko-rylaan 385, Capital Park, Pretoria. Lionel, Annalie en hulle span was voorheen in Derdepoortpark, Pumulani, Pretoria.
Die winkel verkoop al die ou sowel as nuwe LA Sport-4x4-produkte, het sy eie 4x4-baan en selfs ’n restaurant. Die geriewe is ook te huur vir funksies of byeenkomste.
Die span wat jou by dié tak sal bystaan, is (agter van links): Alex Kleingeld, Chris Ntsikelelo, Mitch Viljoen, Thabu Chaucke, Ramon Lewis en Sam Masingi. Voor van links is Louis van Niekerk, Melissa Lewis, Annalie Lewis, Jolandi de Jader, Tillie Swart en Sara Ndhlovu. Bel LA Sport Pretoria by 012 329 4515.…