Toe Sammy die bak met die hompe rou beesvleis, nat-rooi onder ’n dik, goudgeel vetlaag, na my kant toe skuif, begeef my moed my. “Laat hulle myne asseblief gaarmaak,” verkrummel my bravade.
Ons is op reis na die suide van Ethiopië se Groot Skeurvallei. Sammy Teferi, ons gids, wou my en my reisgenoot, Jurgens Schoeman van Live the Journey-toere, bederf met tiré siga, ’n tradisionele gereg. Jy kies ’n snit uit ’n beesagterkwart wat in ’n bak na jou tafel gebring word. Dan sny jy repe van die rou vleis af, doop dit in awaze, ’n rooipepersousie, en val weg. Dié ritueel is ’n manne-ding, sê Sammy. Om te dink, ek het iets soos ’n pie en Coke verwag toe hy sê ons stop vir middagete.
Ek het gou agtergekom…