Die oggend van 28 Desember kom ek, my vrou, Glynnis, en my dogter Liza in die Kgalagadi aan. Ons gaan die park by die Twee Rivieren-hek binne en beplan om die volgende vyf dae by Rooiputs te kamp. Ons kampvennote is Dewald Tromp (Trompie), ’n passievolle amateur-natuurfotograaf, sy vrou, Nellie, en hulle twee dogters, Gamay (13) en Anja (11).
Sommer met die eerste kennismaking word een van die vooropgestelde idees wat ek oor die Kalahari gehad het, ’n nekslag toegedien. As ek aan die Kalahari gedink het, het ek altyd net ’n droë, barre semiwoestyn van rooi sand voor my geestesoog gesien. Maar hier tref ons ’n landskap vol groen in die rooi duine aan, met paaie wat op plekke soos riviere lyk.
Dit het die vorige twee aande blykbaar…