As jy ooit vir iemand van oorsee wil wys hoe divers en uiteenlopend die natuurlike skoonheid van Suider-Afrika is, is hierdie uitgawe ’n baie goeie voorbeeld.
Magoebaskloof in die Limpopo-provinsie, net buite Tzaneen, het, nes Hogsback in die Oos-Kaap, ’n unieke ekostelsel wat hom van die omliggende gebiede onderskei. Want hier het jy ook bosse, woude en ’n hoër reënval as in die laer omliggende gebiede. Trouens, plek-plek voel dit vir jou asof jy iewers in Brittanje is. Toe ek Evan se storie van Magoebaskloof gelees het en die foto’s bekyk het, het ek onwillekeurig teruggedink aan die Oostelike Hooglande van Zimbabwe, waar jy plek-plek selfs proteas kry en soms voel asof jy in die Skotse Hooglande is.
Dan het Charles ’n paar dae lank in Gauteng gaan rondry. Gauteng?…