Verbeel jou jy sit in Italië vir die bekendstelling van ’n Jeep. Dit maak nie sin nie, of hoe? Jy moet dit mos eerder in Amerika beleef. Dalk in Moab, Utah. Of op die Rubicon-roete in die Sierra Nevadaberge. Maar die Renegade is nie enige Jeep nie, dis die resultaat van ’n gesamentlike projek tussen Fiat en Jeep. Nou, voordat jy in jou muesli of varkkaiings verstik, moet jy ’n bietjie geskiedenis leer.
Chrysler, Jeep se eienaar, het in April 2009, toe die wêreldekonomie ’n kwaai terugslag gekry het, die handdoek ingegooi, waarna Fiat, ’n pensioenfonds, asook die Amerikaanse en Kanadese regerings saam die maatskappy gekoop het. Namate die nuwe maatskappy se finansies verbeter het, het Fiat die ander aandeelhouers begin uitkoop, totdat hy in 2014 volle beheer verkry het…