1 KALAHARI/KGALAGADI
DATUM: 28 Jan. tot 4 Feb. 2018
Blyplek: Tente
Koste: R11650 per persoon
Besoek Mabenyani a Kalahari (“Juweel van die Kalahari”), die konsessiegebied van 4 miljoen hektaar in Botswana, en Mabuasehube in die Kgalagadi-oorgrenspark. Neem ’n leeu af nadat jy die diere saam met Boesmanspoorsnyers opgespoor het. Bring ook jou verkyker en geniet die Kgalagadi se voëlrykdom, soos breëkop-, roof- en swartborsslangarende, berghane en migrerende roofvoëls, soos die dwergarend, bruinjakkalsvoël en die seldsame gevlekte arend.
2 LESOTHO-BAKENS
DATUM: 26 Feb. tot 3 Mar. 2018
Blyplek: Lodge en gastehuis
Koste: R8450 per persoon
Hierdie bergavontuur strek oor 6 dae en neem jou van oos na wes deur Lesotho. Beleef die Sanipas, die hoogste grondpad, grootste dam en hoogste ononderbroke waterval in Suider-Afrika, asook ’n besoek aan die geboorteplek van…
