MERCEDES-BENZ GLE COUPE
Groot, plat en blitsvinnig
Gee pad voor BMW X6, hier is die Mercedes-Benz GLE Coupe. Toe BMW tydens die eeuwending met sy X5 vorendag gekom het, was daar geen ander ryding waarmee jy dit regtig kon vergelyk nie. Ja, dit was vierwielaangedrewe, maar dit was ook sportief en het beter as die meeste sedanmotors hanteer.
In 2001 het ek die voorreg gehad om die X5 om die ou Nürburgring, oftewel Nordschleife, in Duitsland te jaag en dit was duidelik waarom BMW verkies het om dit ’n Sport-Aktiwiteitsvoertuig ( Sport Activity Vehicle), eerder as ’n Sportnutsvoertuig of Sport Utility Vehicle, te noem.
Maak geen fout nie, die X5 was nooit ’n veldryding nie. Dit was meer ’n sportiewe stasiewa met ’n goeie uitsig, puik hantering en die veiligheid…