Ironman 4x4 is ’n Australiese familieonderneming wat in 1958 in Melbourne deur Gunther Ja-ob gestig is. Die maatskappy het sy oorsprong in die vervaardiging van vere en ’n maatskappy genaamd JSW (Ja-ob Spring Works) gehad. Daar loop tot vandag toe nog trems in Melbourne op vere wat deur JSW vervaardig is.
Met die koms van die 4x4-bedryf na Australië het JSW 4x4-vering begin vervaardig, en dit het gou die maatskappy se kernbesigheid geword. In die vroeë 2000’s het kliënte se vraag na gehalte-4x4-bykom-stighede Ironman genoop om wenasse en bosbrekers by sy produklys te voeg.
Vandag bestaan die Ironman-produkreeks uit veringstelsels, bosbrekers, wenasse, herwinningstoerusting, bandhersteltoerusting, voertuigligte, snorkels, beskermingsplate, glystawe, daktente en afdakke, yskaste, yskaslaaistelsels, gewone laaistelsels, seilsitplekoortreksels, dakrakke en kamptoerusting.
Welkom in Suid-Afrika
Suspension Solutions, ’n afdeling van die Autoquip-groep, het…