Die beroemde wildebeesmigrasie van die Serengeti-vlaktes sit al vir ’n wyle hoog op my emmerskoplysie, hoofsaaklik omdat Tanzanië ietwat ver van die huis af is. Ek vind toe onlangs uit dat die tweede grootste blouwildebeesmigrasie, naas die Serengeti s’n, op die Liuwa-vlaktes in die weste van Zambië plaasvind.
Dit is darem ’n bietjie nader aan die huis, maar nogtans nie ’n goeie idee om die reis man-alleen aan te pak nie. Wag, ek ken iemand, dink ek, en bel vir Frank Carlisle van Bhejane 4x4 Adventures. “Ons het ’n toer in November,” antwoord hy. “Wil jy saamgaan?” Vra jy nog, dink ek.
’n Maand of wat later tel Cronjé Wessels, Bhejane se toerleier, my by die Kasane-lughawe in Botswana op en ons skiet deur na Namwi Island, ’n kampeerterrein buite…