Leatherman Crunch
Hierdie katoeter kan sy man staan in die kampterrein, maar kan ook ingespan word vir take rondom die huis. Hoewel dit kompak is (net 10 cm lank), bied dit ’n opvoubare knyptang en 10 stukke toerusting wat kan sluit.
Die Crunch het vier verskillende skroewedraaiers, ’n metaal- en houtvyl, draadstropers, ’n draadsnyer, twee verskillende knyptange en ’n nuttige getande mes. Dis taai en duursaam.
R2400 by Kloppers
Cape Union Mart Scout
Jy sal nie ’n beter mesmoertang vir R400 koop nie. Hierdie een is kompak, stewig en weeg net 235 g. Daarby bied dit 10 funksies insluitend ’n knyptang, ’n snylem, ’n saag en, belangrik, ’n ordentlike mes van 6,5 cm.
Die Scout is ideaal vir iemand wat pas ’n kamptoerustingversameling begin.
R400 by Cape Union Mart
PicQuic…
