Johan Rothmann, ’n entoesiastiese 4x4-reisiger, het ná sy aftrede ’n Toyota Hilux gekoop en toegerus om ten volle selfversorgend te reis. Einde verlede jaar, net voor ’n toer na KwaZulu-Natal en Lesotho, het hy en sy vrou by hulle dogter in Pretoria oorgebly. “Vrydag 6 November het ons die laaste inkopies gaan doen. Die bakkie was reg sodat ons die volgende oggend net kon opstaan en ry.
“Ek het die Vrydagaand voor die motorhuis geparkeer, in ons kinders se toegeboude erf in die rustige voorstad Die Wilgers, Pretoria. ’n Swaar veiligheidshek op ’n staalspoor versper toegang na die erf en ’n buurtwag doen gereeld patrollies.” Toe Johan egter die Saterdagoggend om 05:55 die motorhuisdeur van binne oopmaak, was daar net ’n stuk leë plaveisel waar sy bakkie gestaan het.
“Met…
