WIE WOON HIER? Josef en Liezel Kleynhans, hul kinders, Thiart, Hermón en Jóreke, en hul hond, Mila
WAAR Zwavelskloof-landgoed, Zwavelpoort, Pretoria
GROOTTE Ongeveer 568m²
Hul harte trek dikwels met ’n punt Kaap toe, maar totdat hulle dié droom permanent gaan maak, is hul huis met sy genotvolle buiteleefstyl in Pretoria nommerpas.
Dis hier waar Josef en Liezel Kleynhans, gebore Oos-Randers, en hul kinders die Karoo herskep het op hul erf in die veiligheidslandgoed Zwavelskloof. Dit het die tipiese groot stoep, die hoë plafonne, blink sementvloere en minimalistiese binneafwerking van ’n egte Karoo-huis. Ook ’n buitetrap wat “solder” (oftewel werk- en kuierkamer) toe lei waar gedigte – almal in kunswerke omskep – die halfwoestyn besing.
Stap jy by die voorhek in, sou jy kon sweer jy is iewers op ’n dorpie…