Eet kreef herleef!
deur verskeie kunstenaars
R49 op Google Play Store Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se klassieke protesalbum het in 1989 verskyn, en in 2019 het die jong musikant Frank Freeman dit laat herleef – as verhoogproduksie én as ateljee-album.
Van ons voorste musikante span saam, met die formidabele Laudo Liebenberg wat die singwerk doen (jy gaan hééltyd vir Kerkorrel hoor in sy stem), Freeman op kitaar, Sheldon Yoko op tromme, Schalk van der Merwe (baskitaar) en Etienne van Rooyen (klawers).
Dis ironies (ook hartseer) hoe – 30 jaar later – soveel van die lirieke nog niks van hulle trefkrag verloor het nie. “Donker donker land” is verstommend: “... maar na sewe jaar se droogtes, begin dit reën.” Ja, droogtes is nog pal op die tong, so…
