Dale Morris
ZIMBABWE, BL. 34
Dale is ’n fotoverslaggewer, reisskrywer en buitelewefotograaf.
Beste plek wat jy al besoek het? Soveel plekke is wonderlik om soveel verskillende redes: Afrika vir die grootwild, Suid-Amerika vir die woude, Asië vir die kos en kultuur. Die lys is eindeloos.
Beplan jy deeglik of vat jy dinge soos dit kom? Ek beplan redelik goed, maar dié planne waai gewoonlik by die deur uit wanneer ek die pad te vat.
Jou gunsteling-reisskrywer? Bill Bryson en Michael Palin.
Voor ek sterf . . . Wil ek Antarktika, die Kongo, Gambië, Skegness, ’n Nascar-wedren in Texas en die Playboy Mansion sien!
Beste reiswenk? Bly kalm. En moenie die water drink nie!
Chris van der Merwe
MABUASEHUBE, BL. 46
Chris is ’n makelaar wat gek is oor…
