ONDER REDAKSIE VAN CHARLES THOMPSON
VAN ROOIJAKKALS TOT ROOI-ELS
NATUURLEWE VAN SUIDER-AFRIKA ONDER REDAKSIE VAN VINCENT CARRUTHERS
UITGEWER: PENGUIN RANDOM HOUSE
PRYS: R300
Hierdie veldgids dek byna enige ding wat jy in die natuur gaan raakloop, van die kleinste vlooi tot die grootste ou geelhoutboom. Daar is 11 verskillende afdelings, wat laer ongewerweldes, spinnekoppe, insekte, paddas, reptiele, voëls, soogdiere, grasse, biesies, varings en swamme, veldblomme en bome dek. As jy dus met hierdie gids op jou volgende toer gaan, is daar g’n plant of dier in Suider-Afrika wat jou met ’n frons op die voorkop gaan laat wanneer jy wonder wat dit is nie.
Eksemplare van Natuurlewe van Suider-Afrika ry al jare lank saam in die paneelkissies van talle Suider-Afrikaanse natuurliefhebbers; die eerste uitgawe het reeds in 1997 verskyn, met…
