Naam: Jack Holliday
Tuisstad: Kaapstad
Beroep: Afgetrede siviele ingenieur
Gunsteling-bestemmings: die Sentraal Kalahari natuurreservaat, Mabuasehube en die Namakwa Nasionale Park
Jou volgende reis? Noord Kgalagadi, wat insluit Polentswa, Kaa en die Swartpan.
Terwyl ek op ’n dag oor reise sit en dagdroom, het ek op die internet op ’n interessante webwerf genaamd mountainpassessouthafrica.co.za afgekom. Hierdie webwerf het my kop in ’n rigting gesit, en ek en my vrou, Sheila, het saam met vriende aan ’n droomreis, wat oor verskeie passe moes loop, begin beplan.
Die voorvereiste was uiteraard dat die passe nie geteer kon wees nie – ons leuse is óók “heelpad grondpad”.
Ek het kaarte, artikels en reisverslae begin fynkam. En met hope navorsing agter die blad, was ons gereed vir ’n rustige week waarin ons soveel passe en…
